Local sportSport

Bekende wys gesig by KMIA se jaarlikse gholfdag

Neels van Jaarsveld, beter bekend vir sy rol as dr. Gideon Basson van die Afrikaanse sepie Binneland, het sy spanmaats 'n ding of twee kom wys.

Die personeel van Kruger Mpumalanga Internasionale Lughawe (KMIA), weet nie net hoe om ‘n vliegtuig in die regte rigting te stuur nie, maar ‘n gholfbal land ook soms waar hulle wil hê hy moet.

KMIA se jaarlikse gholfdag het onlangs byna 100 spelers van wyd en syd gelok, om aan dié vierbal deel te neem waar selfs ‘n bekende, gesig kom wys het. Neels van Jaarsveld, beter bekend vir sy rol as dr. Gideon Basson van die Afrikaanse sepie Binneland, het sy spanmaats ‘n ding of twee kom wys. Aan sy sy was sy nuwe nooi, Jeanne Flynn.

Al die fondse wat op die dag ingesamel word, gaan vir ‘n goeie doel. Vanjaar was die begunstigdes weer Dwaleni Primary, waar goedhartige vroue kos aan minderbevoorregtes voorsien.

Pryse wat deur verskeie plaaslike besighede geborg is, is aan die einde van die dag oorhandig.

Gerhard Potgieter is vir sy hou beloon wat die naaste aan die vlag geland het, en die prys vir die verste dryfhou is aan Greg Cruse oorhandig. Die wenners van die dag was die Gumtree-span, en kort op hul hakke was die manne van Standard Bank. Daarna het die gelukkige trekking plaasgevind. Hier het vier deelnemers ‘n kans gestaan om elk ‘n retoer-vliegkaartjie te wen. Twee plaaslike spelers, Quintin Liebenberg en Russel Hine het met dié prys weggestap.

Kyk hier na meer foto’s

 

 

 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button