Local sportSport

Plaaslike stoeiers wys wie baas is in die stoeikryt

Die nasionale stoeispan van Duitsland het verlede week besoek by die Nelspruit Stoeiklub (NSK) afgelê.

Die groep van 16 seuns het Woensdag geland en het vir vyf dae in die Laeveld gekuier.

Elkeen van die seuns het meer as vyf nasionale titels verower en sommiges het selfs al aan vorige Olimpiese Spele deelgeneem.

Donderdagaand het daar ‘n informele kompetisie in die Shonalanga-sportsaal plaasgevind.

‘n Voormalige kadet-bronsmedaljehouer van Gauteng-Noord, Ruben Roodt, die huidige Suid-Afrikaanse kampioen, KleinJan Combrink van KwaZulu-Natal, stoeiers van Middelburg en Tukkies en natuurlik die blinkspan van Nelspruit, het aan die mini-toernooi deelgeneem.

‘n Bekende afrigter van Amerika, Shaun Williams het jare gelede afrigting onder NSK se breier, Hansie Kruger ontvang.

“Shaun ken die afrigter van die Duitsers, Sven Thiele en hy het gehoor dat die klomp wil toer en hulle aangeraai om Laeveld toe te kom.
Ons het via die sosiale netwerk, Facebook met mekaar gekommunikeer.

“Die seuns het goeie kennis opgedoen en daar is amper trane gepik toe die manne Sondag moes groet,” het die media verteenwoordiger van NSK, Anita Steyn gesê.

Moet ons plaaslike kampioene vir die besoekers terugstaan?

“Glad nie. As jy praat van ons tegniek en stoeistandaard, is ons beslis gelykstaande aan dié van die res van die wêreld.

“Ons uitdaging is wanneer ons kinders na skool vir hulself ‘n loopbaan moet uitlê. Die Duitsers word as deel van ‘n elite-groep opgeneem en dit is waar hulle ons verbysteek,” het Kruger gesê.

Die stoeiers se toekenningsaand vind op Saterdag 15 November plaas.

Die Mpumalanga se prestasie-aand vind vroeg in November plaas waar ons stoeiers beslis ‘n paar sertifikate sal verower.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button