Local sportSport

Skool se gholfdag is weer ‘n groot sukses

Komatipoort Akademie se gholfdag is altyd 'n hoogtepunt op die dorp se kalender. Saterdag 18 Oktober was dié geleentheid weer 'n dawerende sukses.

KOMATIPOORT – Komatipoort Akademie se gholfdag is altyd ‘n hoogtepunt op die dorp se kalender. Saterdag 18 Oktober was dié geleentheid weer ‘n dawerende sukses.

Die weer het mooi saamgespeel en die temperatuur het nie te hoog gestyg nie weens die welkome wolke in die lug. ‘n Ligte windjie was verfrissend maar het ook ‘n tikkie ekstra vernuf van die gholfers geverg. Die formaat waarin die kompetisie plaasgevind het, was ‘n vierbalspanspel en twee tellings is per putjie in aanmerking geneem.

Mnr. Nico Nell, voorsitter van KA Beheerraad het almal wat hard gewerk het om die dag moontlik te maak, bedank. Mnr. Ormond Lombard het ook aan die gemeenskap ‘n spesiale woord van dank gerig vir hul ongelooflike ondersteuning vir die skool se gholfdag elke jaar. Hy het ook aan al die borge wat finansiële of ander bydraes gelewer het, sowel as personeel en beheerraadslede, groot waardering betuig.

Uitslae:

Naaste aan die pen:

Putjie 5: Ronelle Putter

Putjie 8: Magda Stronkhorst

Putjie 16: Kevin Knott

Putjie 18: Ferdi van Niekerk.

Langste dryfhou:

Mans: Chris Basson jr.

Dames: Tarryn Coetzee.

Eerste plek: Ester Britz, Elna Rautenbach, Rose Powell en Pieter Benade met 98 punte.

Tweede plek: PJ Loock, Meyer Horn, Mauritz Mostert, Jaco Botha, 95 punte.

Derde plek: Esta Rolfe, Megan Rolfe, Graham Rolfe, Ronelle Putter, 94 punte.

Vierde plek: Danny Cato, Wesley Atkinson, Harry Pretorius, Derik Gonzalves, 90 punte.

Vyfde plek: Chris Basson sr., Amanda Basson, Martinette van Dyk en Piet van Dyk, 90 punte.

Sesde plek: Pieter Lombard, George Goncalves, Paulino Goncalves, Johan Rautenbach, 90 punte.

Sewende plek: Kevin Knott, Elias Caldeira, Pedro Christovam, Joaw Christovam.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button