Olifante beloon hul heels bestes op die veld vir al harde werk
Soos ‘n toneel uit Lion King, het al die Olifante oud en jonk Saterdag bymekaargekom om die beste van die bestes onder mekaar uit te wys.
MALALANE – Soos ‘n toneel uit Lion King, het al die Olifante oud en jonk Saterdag bymekaargekom om die beste van die bestes onder mekaar uit te wys.
Malelane Rugbyklub het Saterdag op 25 November hul jaarlikse eindjaarfunksie gehou, waar die beste rugbyspelers van die afgelope 12 maande beloon is. Baie reëlings en spanwerk het tot die mees suksesvolle funksie by die Krokkedil-lapa in Malelane bygedra.
Ruan Nel (Stoffel) het met die trofee vir die beste rugbyspeler van die jaar weggestap en spesiale vermelding is ook van Alex de Kok en Bongani Mathebula gemaak wat vir hul 10 jare lange betrokkenheid by die klub vereer is.
Malelane Rugbyklub bedank ondermeer hul borge BUCO Malelane, Impala Elektries, Onderberg Besproeing, PG Glass Malelane, Noodroep, Ready Cool, Malelane Toyota, Mascor, Obaro en die Mpumalanga Rugbyunie, en hul lojale ondersteuners waarsonder so ‘n funksie nie te min na ‘n jaar se rugby nie sou kon plaasvind nie. Spesiale dank word ook aan Odette Dreyer en haar span betuig wat die aand seepglad laat verloop het.
Die klub nooi alle rugbyspelers uit om op Dinsdag 4 November om 17:45 hul eerste oefening vir die nuwe seisoen by te woon. Dit beloof om ‘n baie spesiale jaar te wees, aangesien Malelane Rugby, in 2015 hul 75ste bestaansjaar vier.
