Kom swaai stokke saam met die Pumas
Die 2013 Eerstedivisie Curriebeker-kampioene, die Steval Pumas gaan Donderdag 20 November in aksie wees.

Dié keer op die gholfbaan.
In samewerking met Nelspruit Gholfklub en Nelspruit Post is dit nou jou kans om ‘n ronde gholf saam met van die manne te speel.
Alhoewel daar nog heelwat vierballe kan afslaan, word belangstellendes aangemoedig om gou te speel, siende dat die plekke daagliks opgeraap word. Daar is óók nog net sewe bowwe wat ‘n borg se naam kan dra.
“Ons bedank solank ook al die borge wat so mildelik bygedra het tot die sukses van die dag,” het die Pumas se media- en bemarkingsbestuurder Hennie Homann gesê.
Daar is twee kompetisies wat plaasvind:
• Oggendveld – 60 gholfspelers (‘n vierbal in ‘n “scramble drive”- formaat. Tellings moet op al die syfer 55’s aangeteken word. Die prysuitdeling sal na die oggendveld gehou word).
• Middagveld – 120 spelers (‘n vierbal in ‘n Beterbal-formaat. Dit sal met ‘n pienk balletjie gespeel word wat vir jou 2015-seisoen- kaartjies in die sak kan bring).
Koste
• ‘n Vierbal – R2 000 (sluit ‘n geskenkpakkie/ kos na die negende/18de putjie/ vingerhappies by die 19de in)
• Borg ‘n bof teen R2 000 (behalwe 1 en 10)
• Spog met jou handelsnaam by ‘n septerk teen R1 500 (behalwe 9 en 18)
• Bof een en 10 kan teen R3 500 geborg word (die vierbal is ingesluit)
• Setperke nege en 18 kan gemerk word vir R3 500 (die vierbal is ingesluit)
• Die setperk by die klubhuis kan teen R10 000 geborg word (dit sluit twee vierballe in)
• Bof 17, naaste aan die pen teen R1 500 (sluit ‘n prys in).
Besprekings: Ryk Lacock by 013-744-0958.
Borge: Hennie Homann of Cassandra Mc Laren by 013-612-0534.
