Swemmers ryg puik tye in
Wat is lekkerder as 'n swemgala in dié snikhete van die dag?

‘n Mini-gala het Dinsdag by Curro College plaasgevind waar laerskole Bergland, Komatipoort, Malalane en Witrivier ook in die water baljaar het.
Hier is ‘n paar uitstekende tye wat die dag opgelewer het:
• Dogters sewe tot nege jaar, 100m individuele wisselslag – Nina Venter, Laerskool Bergland 1:45:69
• Seuns 10 tot 11 jaar, 200m individuele wisselslag – Gerard Venter, Curro 3:01:025
• Dogters 12 tot 13 jaar, 200m individuele wisselslag – Jordyn Minifie, Curro 2:36:60
• Dogters o/11, 50m borsslag – Erica Sibande, Curro 42:44
• Seuns o/12, 25m rugslag – Zander van der Merwe, Curro 38:78
• Seuns o/7, 25m borsslag – Pieter Riekert, Laerskool Bergland 27:75
• Seuns o/10, 50m borsslag – Hannes Fueth, Curro 49:25
• Seuns o/13, 50m borsslag – Franco Labuschagne, Laerskool Witrivier – 39:09
• Dogters o/12, 100m vryslag – Jeanne Joubert, Curro 1:06:24
• Seuns o/7, 25m vlinderslag – Skye Davidson-Loots 28:75.
