Local sportSport

Vinnige voete laat die rekords spat

Atletiekrekords sedert 1985 staan steeds sterk in Laerskool Laeveld se boeke.

Die o/12-seunsatleet Ashaan Sebastian het drie nuwe rekords onlangs laat spat.

Die oudste van 1,34 meter in die seuns o/11-hoogspring wat daardie jaar deur

‘n F. Maritz opgestel is, is egter nie tydens die skool se interhuisbyeenkoms wat verlede week plaasgevind het, gebreek nie.

‘n Hele paar ander atlete het wel puik prestasies gelewer.

Ane Janse van Rensburg het ‘n nuwe tyd van 15:59 vir dogters o/11 70m-hekkies opgestel.

In die 75m-hekkies seuns o/12, het Ashaan in 13:13 klaargemaak.

Vier nuwe rekords is deur die o/13 se 75m-hekkiesatlete opgestel.

Nerene van Tonder (15:88), Nicolene Kruger (15:96), Claudine van der Westhuizen (16:03) en Nikita Prinsloo (16:36) spog ook met nuwe tye.

Ook op die baan, het Ashaan sy tweede rekord in die seuns o/12 100m opgestel. Die laaste rekords van die dag is in die 150m vir seuns o/12 gehardloop.

Hiér het Ashaan weer naam gemaak met PJ wat ook ‘n nuwe tyd gehardloop het.

Ander rekords ouer as 20 jaar
• Verspring dogters o/11 – M van Biljon in 1993 met ‘n afstand van 4,13 meter
• 1 200m vir dogters o/11 – T Goosen in 1998 met 04:11:06
• 1 200m vir seuns o/12 – J Pretorius in 1994 in ‘n tyd van 03:45:00.

Huidige tye
• Verspring dogters o/11 – Karien Goosen met ‘n afstand van 3,83 meter
• 1 200m vir dogters o/11 – Ane Janse van Rensburg met 04:58:64
• 1 200m vir seuns o/12 – PJ Coetzee in ‘n tyd van 04:26:93.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button