Local sportSport

Oud en jonk draf die myl na goud

Die wedren het in Geelhoutlaan, buite die hoofskoolhek begin en op Bergvlam se atletiekbaan geëindig, waar deelnemers op 'n rooi tapyt ingewag is.

Die bekende Afrikaanse sanger, Mathys Roets en die Comrades-legende, Nick Bester, het op Dinsdag 4 November aan die eerste Red Carpet Mile-wedren saam met ‘n klomp Laevelders en sakelui by Hoërskool Bergvlam deelgeneem.

Oud en jonk het aan die toeganklike 1,6km-wedren deelgeneem, wat ‘n rolstoelresies ook ingesluit het.

Dit het verrigtinge afgeskop met Roets en sy vriend, Dirk van der Merwe wat sake op die roete uitgespook het.

Die o/11-seuns en -dogters was volgende op die beurt met die kinders wat vuur en vlam was om te kyk wie die langste asems het.

Neon-hempies en hardloopskoene het in die aandlug gepryk soos deelnemers vir die wedren geregistreer het. Ieder en elk het gretig by die beginstreep gewag om vars lug in West Acres se strate in te asem. Die wedren het in Geelhoutlaan, buite die hoofskoolhek begin en op Bergvlam se atletiekbaan geëindig, waar deelnemers op ‘n rooi tapyt ingewag is.

Daar was altesaam 20 verskillende kategorieë wat meesters en veterane ook ingesluit het.

Die ouer generasie kon wel nie die blitsvinnige tye van die jonger geslagte haal nie, maar kon steeds bewys dat daar nog baie petrol in hul tenk was.

Plaaslike sakelui het ook hul bydrae gegee en elkeen R1 000 betaal om aan die wedren deel te neem.

Medaljes is vir al die top-50-deelnemers in elke kategorie uitgedeel.

Volgens Mantoiné van Biljon, organiseerder van MB Promark wat die wedren gereël het, gaan die fondse wat ingesamel, is aan Estin Academy en Laerskool Laeveld.

“Ons het ook vir Mathys genooi aangesien hy gereeld aan sulke wedrenne deelneem,” het sy genoem.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button