Local sportSport

Barberton se rugbymanne vereer

Vroeg Vrydagaand was die potjiekos reeds aan die prut by Coronation Park.

Dit was vir die jaarlikse prysuitdeling van Barberton Rugbyklub waartydens wenners in die verskillende kategorieë aangewys en die trofeë oorhandig is. Vise-president van die klub, Pieter Potgieter, het in sy toespraak die borge, Nelspruit Truss, Barberton Westvaal, Barberton Ford, NTT Toyota en Quality Panelbeaters, hartlik vir hul volgehoue ondersteuning bedank.

Hy het gesê dat dit nie moontlik sou wees vir die klub om voort te bestaan as dit nie vir hierdie besighede se bystand was nie.

Die komiteelede asook die dames wat altyd bereid is om take te verrig, is ook geprys en bedank vir hul onbaatsugtigheid.

Na afloop van die prysuitdeling is daar heerlik gesmul aan die potjiekos en selfs nie die krag wat met tye afgegaan het, kon die mense se geesdrif demp nie, en daar is lekker tot laat gekuier.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button