Local sportSport

Bergies hou kleurvolle interhuis

Laerskool Bergland se atletiek-voorbereiding het op 'n hoogtepunt afgeskop nadat verskeie leerlinge die rekords laat spat het en hul name in die rekordboeke neergepen het.

‘n See van verskillende kleure het op Laerskool Bergland se atletiekbaan gepryk tydens die jaarlikse interhuis wat atlete die kans gegun het om hul litte vir die komende atletiekseisoen los te maak.

Rooi, groen, blou en geel het die Loeries, Bokmakieries, Valke en Arende verteenwoordig met die atlete wat in hul onderskeie atletiek-items uitgeblink het.

Laerskool Bergland se atletiek-voorbereiding het op ‘n hoogtepunt afgeskop nadat verskeie leerlinge die rekords laat spat het en hul name in die rekordboeke neergepen het.

Christo Nel het in die seuns o/11 verspring met sy ekstra veerkrag ‘n nuwe rekord van 4,85 meter opgestel en beloof om een van Bergland se uitblinkers te wees.

Mila de Villiers het met haar lang asem bewys dat sy saam met Suzaan Nel en Hijke Coetzee ‘n trio van Bergland se jong talent hierdie seisoen gaan vorm.

Brandon van Zyl het ook met sy spoed die korter afstande gedomineer en verskeie rekords gebreek.

Jeané Henning is as junior Victrix Ludorum en Heino Meiring as junior Victor Ludorum aangewys.

Kliek hier vir foto’s

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button