Local sportSport

Pumas-stut trek die WP-trui oor sy kop

"Dit voel fantasties om deel van die Curriebeker-kampioene te wees, maar om die span op 'n gereelde basis te haal, sal ek kliphard moet oefen en skerp moet wees."

Vincent Koch het die afgelope Sondag sy eerste wedstryd vir Westelike Provinsie gespeel toe hy in die nommer-een-trui teen die Engelse klub, Saracens by die Allianz-arena in Londen gedurende die Sanlam Challenge-wedstryd uitgedraf het.

Die voormalige Pumasstut is nog tans in Londen en kan nie uitgepraat raak oor dié nuwe avontuur in sy loopbaan nie. Koch het in die Boland grootgeword en is nou weer terug in die provinsie waar hy sy rugbyloopbaan begin het.

“Dit was regtig ‘n ongelooflike ervaring om in so ‘n belangrike wedstryd vir die eerste keer die WP-trui oor my kop te trek,” het hy vertel.

“‘n Mens droom om teen ‘n paar van Saracens se groot rugbyspelers te kan speel. Wat die oomblik nog meer spesiaal gemaak het, was dat die span vir die voormalige WP-rugbyspeler, Thinus Linee, gespeel het. Linee is verlede week na ‘n lang stryd met motorneuron-siekte (MNS) oorlede.”

Voormalige Springbok-skrumskakel en MNS-lyer, Joost van der Westhuizen, het ook die wedstryd bygewoon.

“Dit was baie spesiaal om Joost ook daar te kon hê. Die span het ‘n baie hegte band en almal kyk uit vir mekaar. Almal is baie lojaal en gee hulle alles,” het Koch gesê.

Volgens hom het die bestuurspan dit vir hom gemaklik gemaak en ‘n familie-atmosfeer geskep waarin hy maklik kon inskakel.

“Dit voel fantasties om deel van die Curriebeker-kampioene te wees, maar om die span op ‘n gereelde basis te haal, sal ek kliphard moet oefen en skerp moet wees,” het hy bygevoeg.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button