Local sportSport

Skopbokser vat die wêreld aan

Die kranige skopbokser van Witrivier, Linda van Staden, het Sondagaand in Praag, Tsjeggiese Republiek geland waar sy aan die Wêreldkampioenskappe deelneem.

Alhoewel sy eers in 2011 dié sport begin beoefen het, het sy haarself vroeg-vroeg in die Suid-Afrikaanse span ingewerk.

Dit is van die grootste internasionale skopboks-toernooie ter wêreld. In 2012 het sy Mpumalanga-kleure verower en in dieselfde jaar het sy die Suid-Afrikaanse kampioenskappe in Pretoria gewen, en is ook later vir die presidentespan gekies. Vanjaar het sy wéér provinsiale kleure verwerf en is aan die begin van Mei as Suid-Afrika se tweede beste skopbokskampioen aangewys.

Van Staden stoei in die ope-gewigskategorie (bo 70kg). Die toernooi het gister afgeskop en die span keer Sondag terug.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button