Local sportSport

Ehlanzeni-spelers sit koppe bymekaar vir wenstrategie

Skaak is 'n spel van oorlog waar twee kampe teenmekaar veg om die ander een se koning gevange te neem.

Dit is die hoofdoel van die Ehlanzeni-span wat eersdaags aan die Suid-Afrikaanse kampioenskappe in Kimberley gaan deelneem.

Altesaam 70 spelers gaan die provinsie van 3 tot 7 Januarie 2015 verteenwoordig.

Verlede Saterdag het die slimkoppies hul tweede oefenkamp gehad.

“Ons hou vier kampe vir al die kinders wat vir die Ehlanzeni-spanne gekies is. Elkeen het twee spanbestuurders en
10 spelers. Tydens die oefenkampe is die spanbestuurders verantwoordelik vir opleiding van die spelers. Sommiges daag mekaar uit vir bordposisies en ander, wie se punte vir die jaar baie naby aanmekaar is, moet uitspeel vir hul bordposisies in die span.

“Ons probeer om interessant en innoverend te wees en gee allerhande uitdagings, soos om ‘n posisie op ‘n bord te pak en dan die spelers te vra hoe om van daardie spesifieke posisie skaakmat te bewerkstellig binne ‘n sekere aantal skuiwe,” het Karen Taljaard van Ehlanzeni Skaak gesê.

Nuwe reëls het op 1 Julie 2014 in werking getree en dit is ook met die spelers bespreek.

“Baie van die spanbestuurders is self baie goeie skaakspelers en hulle deel graag hul kennis en ondervinding met die spelers.”

Een o/10-span, twee o/12’s, twee o/14’s, een o/16- en een o/18-span gaan aan die SA’s deelneem. Ter voorbereiding het die spelers ‘n toernooi teen die Gert Sibande- en Nkangala-streke in Middelburg gespeel. “Ons was aangenaam verras met ongelooflike uitslae.

“Die o/12 A-span het met die eerste rondte 10-0 gewen en met die tweede rondte 9-1. Al ons spanne het oorwegend gewen wat vir ons bevestiging gegee het dat hulle op die regte pad is.”

Die volgende oefenkamp vind op 22 November plaas.

Die leerders het die volgende plekke by die afgelope De Goede Top-10 behaal:
• Hainroux Erasmus – tweede
• FC van Wyk – vierde
• Pierre janse van Rensburg – sewende
• Eugene Lourens – negende
• Viktor Styger – 16de
• Gert Delport – 18de
• Martiens le Roux – 21ste
• Jaden Minnaar – tweede
• Suné du Preez – 15de.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button