Local sportSport

Atlete volg die spoor na glorie

'n Spoorhard-loop-wedloop deur Kaapsehoop het deelnemers Saterdag tot die uiterste beproef.

Die 156 deelnemers wat die vars oggendluggie wou aandurf kon tussen vier afstande kies en die roete het hulle deur die dorpie se strate geneem, maar ook deur die veld rondom dié skilderagtige woonbuurt.

Soos die een atleet verduidelik was dit eintlik belangriker om sterk as fiks te wees, aangesien jy kort-kort moes stop om oor ‘n rots te klim. Verskeie deelnemers, van wie heelwat die roete vir die pret gestap het, het opgemerk dat die ses kilometer-item wel langer was as verwag volgens hul eie afstandmeters.

Hulle het egter die uitdaging geniet en kon op uitkykpunte stop om bietjie asem te skep, veral toe die sonnetjie later begin uitkom het.

Jason van Breda.
Jason van Breda.

Slegs 12 deelnemers het die 35km aangedurf. Frederick Pienaar was hier die wenner in ‘n tyd van 04.33:06 gevolg deur Jason van Breda (04.48:51) en Nkanyezi Zwane (05.01:16).

Die vinnigste vrou was Harriet Cullinan in ‘n tyd van 05.14:30, gevolg deur Adele Smit (05.48:16) en Lizelle Pauw (06.19:54).

Sien meer foto’s hier.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button