Local sportSport

Honderdtal lê fondasie vir oorwinning

Nelspruit Krieketklub het sy premierliga-wedstryd Saterdag teen Witrivier met 206 lopies in hul sakkie gesteek.

Die kragmeting het op Uplands Prep se gronde plaasgevind.

Die openingskolwer van die besoekers, Ruan Neethling het 153 lopies, nie uit nie, aangeteken en die veelsydige speler, Wihan Jacbos ‘n 79. Hy het ook sewe paaltjies vir 18 lopies geneem. Rihann van der Merwe en Adriano dos Santos is Nelspruit se ander twee kolwers wat tot hulle span se wentelling bygedra het.

Witrivier het klippe gekou en kon net 128 lopies aanteken. Mpendulo Nkosi het 55 lopies van dié skamele telling geslaan. James Renssen, wat die kolfbeurt vir Witrivier geopen het, het 30 lopies aangeteken en hy het ook die eerste paaltjie van die dag gevat.

Die kaptein van die tuisspan, Danie Hattingh en die kolwer wat 10de ingekom het, Alexey Stylianou is vir ‘n voëltjie uitgevang. Pieter van den Bank het die ander paaltjie gevat.

Uitslag
Witrivier – 128 (almal uit)
Nelspruit – 334/4

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button