Local sportSport
Goeie sportmanskap deur skool vereer
Laerskool Laeveld het onlangs sy top-sportpresteerders vir 2014 by die jaarlikse toekenningsaand, met die tema "Ons kweek wenners" beloon.

Tydens dié glansgeleentheid is Nicola Cronjé as sportdogter van die jaar aangewys. Die sportseun van die jaar word deur Anton van Eijk en PJ Coetzee gedeel.
Shannon Pretorius het ‘n spesiale toekenning ontvang deurdat sy haar Springbok-kleure as junior skut in die kleingeweer-afdeling behaal het.
Nicola Cronjé ontvang haar trofee as sportdogter van die jaar met trots.
Vanjaar se Sportseun van die Jaar word gedeel deur Anton van Eijk en PJ Coetzee.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

