Local sportSport

Nuwe spelers troef klubspan

Twee hoërskoolboulers het LVCC 1 Saterdag laat bontstaan om die klubkrieketwedstryd in Nelspruit 1 se guns te beklink.

Die Ehlanzeni-remierligawedstryd wat op Nelspruit Krieketklub se tuisveld Hoërskool Bergvlam gespeel is, was beide John Hendriksen en Divan Jacobs se eerste klubkrieketwedstryde ooit. Albei hierdie o/15-spelers is leeders aan Hoerskool Nelspruit en elkeen het vier paaltjies inpalm.

Hendriksen het net 26 lopies afgestaan in sy agt boulbeurte terwyl die draaibalbouler Jacobs dit in net vier beurte vermag het en slegs 22 lopies afgestaan het. Hy het vroeër ook 19 nie uit met die kolf behaal.

LVCC het die loot gewen en besluit om eerste veldwerk te doen aangesien blaaie tipies kolfwerk bevoordeel soos die dag aanstap. Op dié betrokke bewolkte dag was die blad ook op die oog af baie vogtig. Hierdie besluit het LVCC aanvanklik goed te staan gekom toe Nelspruit se eerste vier paaltjies redelik goedkoop geval het.

Dit was eers toe Sean Cross op vyf en Riaan van der Merwe op ses ingekom het, dat die balle begin trek het. Cross se 42 en Van der Merwe se 71 het Nelspruit uit die effense moeilikheid waarin hulle hulself bevind het, gehaal. Die span kon uiteindelik 240 aanteken voor hulle uitgeboul is.

Die 50 ekstras wat LVCC se boulers afgestaan het, het ook nie die besoekers gehelp nie. Warren Day was die mees ekonomiese van die boulers met 8-24-1. Matts Blom kon vier paaltjies neem.

LVCC kon op hul beurt nooit met die kolf momentum optel nie. Aanvangkolwer Des van Wyk het aan die begin hard probeer en Hansie Zietsman het die stert probeer omswaai maar elkeen se 21 lopies kon die span nie red nie. Drie nulletjies later is die besoekers vir net 113 uitgeknikker.

Die wen hou Nelspruit nog in die kompetisie om as uiteindelike ligawenners gekroon te word. Hulle speel more by Bergvlam teen Malekutu en LVCC kruis tuis swaarde met Witrivier.

Sien nog foto’s hier.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button