Local sportSport

Plaaslike afrigters slyp vaardighede

Skool- en klub afrigters kon meer leer oor hoe om nog beter rugbyafrigters te wees.

Nog plaaslike rugbyafrigters kon die naweek tydens ‘n Internasionale Rugbyraad (IRB) Vlak 1-afrigtingskursus hul vaardighede slyp. Dit is Saterdag by Laerskool Nelspruit aangebied.

Plaaslike IRB-geakrediteerde afrigters Adé Adendorff, Evan Beukes, Chris Mans, Arrie Myburg en Wikus Naudé het oor agt uur ongeveer 30 plaaslike skole- en klubafrigters bekendgestel aan vaardighede wat hulle op hul beurt kan inspan, om nuwe spelers te leer hoe om veilige en prettige rugby te speel.

Adendorff verduidelik dat die kursus deur die raad gestandardiseer is om selfs op skool- en klubvlak eenvormigheid in rugbyafrigting te bewerkstellig. Dit gaan ook oor hoe jy die manne leer speel, hul sportmansgees, dissipline en motivering.

“Hoe ‘n goeie afrigter jy is gaan nie net oor hoe jou span presteer nie. Jy kan ‘n baie goeie groep spelers hê en alles wen sonder om ‘n goeie afrigter te wees.”

Hy voeg by dat as afrigters net ‘n paar punte van die kursus kan wegneem, sal die spelers wat deur hul hande beweeg daarby baat. Sien meer foto’s hier.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button