Kleuters geniet gimnastiek
Hul ouers het kom kyk hoe hulle handstande en agteroorbollemakiesies doen, en balanseer op die balk.

Dat toetse vir kinders pret kan wees, is iets wat ‘n mens sal moet sien om te glo. Nelspruit Gimnastiek Akademie (NGA) se kleuters en groentjies het verlede week Vrydag toetsing ondergaan.
Hul ouers het kom kyk hoe hulle handstande en agteroorbollemakiesies doen, en balanseer op die balk. Die afrigters was heeltyd teenwoordig om hulp te verleen en ‘n mens kon sien hoe die kinders dit geniet het, selfs al was hulle daardeur geëvalueer. Deur die toetsing verseker NGA dat die kinders die basiese vaardighede onder die knie het voordat hulle na ‘n hoër gimnastiekvlak aanbeweeg.
Die voordele wat dit vir kinders inhou is nie net tot hul fisiese ontwikkeling beperk nie. Maré Putter, die hoofafrigter by NGA sê van haar leerders ondergaan dikwels ook positiewe emosionele omwentelings; waar die dogtertjie eens skaam en teruggetrokke was, loop sy nou met selfvertroue oor.
Putter is baie trots op haar gimnaste. “Hulle het dit baie geniet. Almal het ‘n medalje en ‘n rapport gekry en baie mooi hul gimnastiekelemente gedoen,” sê Putter. “Elkeen is ‘n wenner en ons is trots op hulle almal.”
Uitslae
Trofeë-wenners
Prenovise 1: Uthi Msibi en Nicolene Lourens
Prenovise 2: Anton van Niekerk en Vumo Dyasi
Prenovise 3: Elisma de Villiers en Jandre Joubert
Kiddy gym 1: Dakotah Esquira, Ceri Myburgh, Jade Vorster en Leandri Kruger
Kiddy gym 2: Tinei Stander, Lenisha Lombard, Luan Lombard en Lana McDonald
Kiddy gym 3: Eva Rossouw en Carla le Roux.
Sien nog foto’s hier.
