Plaaslike ryers laat nie op hulle wag in 94.7-uitdaging
Meer as 33 000 fietsryers het Sondag die nuwe roete van die jaarlikse Momentum 94.7 Fietsry-uitdaging, gery.

‘n Hele paar plaaslike fietsryers, was ook op die pad gewees.
Rikus Botha van Cycle Lab het met die beste tyd in 02:38 van die Laevelders klaargemaak.
Lousanne Ackerman en Sante van der Westhuizen het saam oor die eindstreep in 03:49 gejaag.
Die eerste van 65 groepe het dou voor dag om 05:30 weggespring met die laaste ryers wat eers om 10:30 aan die gang gekom het.
Deelnemers het by Riversands Boulevard hul medaljes ontvang.
Anton van Tonder het eers met sy bergfiets die roete in 02:43 voltooi en daarna het hy wéér die roete saam met sy verloofde, Gi-one Slabbert in 03:49 gery. Namibië se Till Drobisch van Team Qhubeka het in ‘n tyd van twee uur, 21 miunte en 54 sekondes die uitdagende roete voltooi terwyl die Olimpiese gouemedaljewenner, Marianne Vos haar eerste wen op Suid-Afrikaanse bodem gewen het.


