Local sportSport

Barberton Rugby manne sluit 2014 af of ‘n hoë noot

Vroeg reeds op Vrydagaand was die potjiekos reeds aan die prut by Coronation Park.

Vroeg reeds op Vrydagaand was die potjiekos reeds aan die prut by Coronation Park.

Dit was vir die jaarlikse prysuitdeling van Barberton Rugbyklub waartydens wenners in die verskillende kategorieë aangewys en die trofeë oorhandig is.

Voorsitter van die klub, Pieter Potgieter, het in sy toespraak die borge, Nelspruit Truss, Barberton Westvaal, Barberton Ford en NTT Toyota, hartlik vir hul volgehoue ondersteuning bedank.

Hy het gesê dat dit nie moontlik sou wees vir die klub om voort te bestaan as dit nie was vir hierdie besighede se volgehoue ondersteuning nie.

Die komiteelede asook die dames wat altyd bereid is om take te verrig tydens die jaar is ook geprys en bedank vir hul onbaatsugtigheid.

Na afloop van die prysuitdeling is daar heerlik gesmul aan die potjiekos en selfs nie die krag wat met tye afgegaan het, kon die mense se geesdrif demp nie, en daar is lekker tot laat gekuier.

Trofee-naam en wenners van die jaar

Nie-speler of bestuurlid trofee / ondersteuner – Conrad Scheepers

Klubkommiteelid – Pieter Potgieter

Storm Auto Electrical man van die wedstryd tweede span – Phumlani Msibi

Tweede span agterspeler – Mduduzi Shongwe

Tweede span voorspeler – Vusi Zulu

Steve Boshoff mees veelsydigste tweede span speler – Martin van der Bergh

Tweede span rugbyspeler – Vusu Zulu

André Spohr beste vordering – Vusi Zulu

Drieedruk-trofee – Phulane Sowane

Jathira Wisseltrofee junior speler – Ruben van Vuuren

Nelspruit Truss man van die wedstryd eerste-spantrofee – Phulane Sowane

Veelsydigste speler eerste span – Hans Meyer

Eerste span agterspeler – Phulane Sowane

Barberton rugbyspeler – Phulane Sowane.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button