Local sportSport

Jong blitse ryg prestasies in

Die ster-swemmer van Laerskool Witrivier, Franco Labuschagne, se prestasies by die skool se onlangse interhuisgala het 'n interessante blik gebied op wat aanhangers die seisoen in die swembad kan verwag.

Nie net was hy as senior victor ludorum gekroon nie, maar Franco het drie nuwe rekords opgestel. Hy het op een van sy eie 2013-rekords verbeter asook ‘n 20 jaar oue rekord gebreek.

Dié woelwaterswemmer en sy spanmaat, Magdaleen Terblanche, wat óók ‘n nuwe rekord in die o/10 dogters 50-meter vlinderslag opgestel het, is albei in die Mpumalanga-span wat volgende jaar aan die Suid-Afrikaanse kampioenskappe gaan deelneem, opgeneem. Die rekord was 41:28 en Magdaleen het dit met 00:48 verbeter. Sy is as haar skool se victrix ludorum aangewys.

Franco het die volgende rekords opgestel
• Seuns ope-kategorie, 50m borsslag – 38:88 (oud) 37:98 (nuwe)

• Seuns ope-kategorie, 50m vryslag – 29:80 (oud) 29:44 (nuwe)

• Seuns ope-kategorie, 25m dash for cash – 15:28 (oud) 13:86 (nuwe).

Die junior victor en victrix ludorum is aan Terblanche de Kock en Annabele Victor toegeken.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button