Local sportSport

Oud en jonk geniet wedloop in die Tuine

Die langasem, Freedom Makhubela van Run/Walk for Life (RWFL) het vanjaar se Kersfees-wedloop wat Saterdag by die Laeveld Botaniese Tuine plaasgevind het, in 'n tyd van 15:45 gewen.

Die wêreldkampioen-skopbokser, Linda van Staden was die eerste vrou oor die wenstreep en drie minute stadiger as Makhubela in 18:45.
RWFL en Mopani Apteek bied jaarliks die pretren aan en selfs Kersvader het met sy pakkie die deelnamers aangespoor.

Die vinnige 4,9km het ‘n atleet vir elke dag van die jaar, getrek. Van die 365 deelnemers, was 100 kinders. Hoërskool Nelspruit is R2 500 ryker nadat hulle die meeste inskrywings gehad het. Die jongste deelnemer was vyf jaar oud en die oudste was 76. Altesaam 133 persente is op die dag vir die SOS Children’s Village ingesamel.

Die eerste seun was Willem Botha, óók van RWFL in 18:36 en die dogter met die vinnigste tyd was Emmarentia Masina van Somcuba Laerskool in 17:45. “Baie dankie aan die gemeenskap van die Laeveld wat ons jaarliks ondersteun. Geseënde Kersfees vir almal,” het die voorsitter van RWFL, Tracey Creswell gesê.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button