Local sportSport

Van Tonder raap gesogte rugbypryse op

Laeveld Pumas Sewesspeler van die jaar.

Dit is wat Tjokkie van Tonder van Witrivier Rugbyklub se jaar só besonders gemaak het.

Nie net het hy die trofee by die Mpumalanga Rugby-unie se toekenningsaand ontvang nie, maar hy is by sy eie klub as die veelsydigste speler aangewys en het ook die meeste drieë (7) in die seisoen gedruk.

wr4

Die voormalige losskakel van die Steval Pumas, Tiaan Marx het gewys dat daar nog baie murg in sy pype sit. Hy het die meeste punte van die jaar (prys geborg deur Margaret Delgado van Uncle George) op die telbord aangeteken en hy is ook as die eerste span se agterspeler van die jaar aangewys.

wr5

“Namens die klub wil ons graag die borge wat ons gholfdag ondersteun het, hartlik bedank. Sonder julle wat in ons geglo het, sou ons nie van tweede laaste in die liga verlede jaar tot die Laeveld se eerste en tweede span opgeskuif het nie. Ons nooi ook enige voornemende rugbyspelers en skoolverlaters om Januarie by ons aan te sluit,” het die klubvoorsitter, Bennie Pringle gesê.

Toekennings
• Beste bywoning – Johannes Jonker
• Afrigterstrofee, eerste span – Johannes Jonker
• Junior speler van die jaar – Andries de Jager
• Beste vordering – James Pretoruis
• Beste klubman – Conrad Botha
• Eerstespan-voorspeler van die jaar (Alma Botha van Platorand Makelaars) PG Kruger
• Tweedespan-voorspeler – Ross Omahone
• Tweedespan-agterspeler – Johan Smit
• Sportman van die jaar (Glen Chemaly van Hyper Bedding) – Christiaan Labuschagne
• Afrigters se tweedespan-trofee – Revive Mashego.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button