Warm aksie in swemreeks
Die 20-jarige Dylan van der Merwe kan eerskomende naweek as die Funky Pants ope-water swemreeks se beste gekroon word.

Hy het sommer in die eerste ren dadelik sy stem dik gemaak deur in ‘n tyd van 17 minute en 26 sekondes klaar te maak. ‘n 1 500-meter mag dalk nie ver klink nie, maar damwater is nie enige swemmer se koppie tee nie.
Alhoewel Kayla Schefermann nie Saterdag haar beste tyd geswem het nie, loop sy voor in die kategorie vir dogters o/13 en jonger.
Vidhaan Singh is ook die aanspraakmaker in die seuns o/13. Sy tyd van 19:47 in die tweede lopie het hom gemaklik in die eerste posisie geplaas. Die agtjarige Thomas Williams van Penryn Prep was tot op hede die jongste swemmer wat die afstand aangepak het.
Die reeks kom Saterdag
6 Desember tot ‘n einde.
Die naweek se uitslae:
• Dogters o/13 en jonger – Kayla Scheffermann (26:03)
• Seuns o/13 en jonger – Vidhaan Singh (20:40)
• Dogters 14-30 jaar – Karolien van Heerden (19:34)
• Seuns 14-30 jaar – Dylan van Der Merwe (19:07)
• Vroue 31 jaar en ouer – Michele Esterhuizen (21:47)
• Mans 31 jaar en ouer – Braam Le Roux (33:04).
Reeks-voorlopers
• Dogters o/13 en jonger
– Kayla Scheffermann
• Seuns o/13 en jonger
– Vidhaan Singh
• Dogters 14-30 jaar
– Thelise Saunders
• Seuns 14-30 jaar
– Dylan van der Merwe
• Vroue 31 jaar en ouer
– Allison Williams
• Mans 31 jaar en ouer
– Chris Stapley.
