Local sportSport

Maak jouself gereed vir aksie

'n Strandvlugbalbaan kan eersdaags by die aksie-arena te sien wees.

Die binnenshuise sportsentrum is onder nuwe bestuur en Jacques du Plessis het groot planne om nuwe lewe in die plek te blaas. Die 27-jarige het sak en pak Laeveld toe gekom om sy liefde vir die sport uit te leef. “Ek het ‘n groot passie vir die sport en dit was ‘n gesukkel om só ‘n plek te kry wat nuwe bestuur nodig het. Die plek het soveel potensiaal en ons wil dit ten volle benut.”

Sedert Du Plessis die leisels oorgeneem het, het ses krieket- en 12 netbalspanne weer besluit om aan volgende jaar se liga deel te neem.

Daar word vroeg aanstaande jaar ander sportsoorte soos hokkie en sokker aangebied en daar is ‘n groot moontlikheid dat strandvlugbal ook op die been gebring gaan word.

“Daar is ‘n hele paar planne in die vooruitsig, maar spelers sal eers moet wag en sien.”

‘n Mini-binnenshuise kriekettoernooi vind vroeg in Desember plaas. Hier sal sewe spanne wat uit o/10’s, o/11’s en o/12’s bestaan, meeding. Nóg ‘n gebeurtenis waarna Laevelders kan uitsien, is die interprovinsiale distrikstoernooi in Februarie.

Vir die groentjies is daar groot nuus. Die Junior Wêreldbeker vind in 2016 in Brisbane, Australië plaas en ‘n hele paar plaaslike spelers sal daar in aksie wees. Die eerste oefenkamp vind Desember in Centurion plaas.

“Daar is selfs drie dogters in die span, maar die finale groep word eers volgende jaar bekend gemaak,” vertel die juniors se afrigter, Eric Grimaldi.

Altesaam 50 spanne kan gedurende die week aan onderskeidelik vier sportsoorte deelneem. Spelers wat graag wil inskakel, kan van Januarie af aan die nuwe ligas kom deelneem.

‘n Ses-‘n-kant-liga skop in Desember af. Om aan te sluit, skakel Jacques by
076-812-3128.
• Netbal – Maandae
• Krieket – Donderdae.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button