Local sportSport

Pumas wys hulle slag op die setperke ondanks reën

Jou gunsteling Steval Pumasspelers het onlangs bewys dat hulle nie net goed is op die rugbyveld nie, maar duidelik ook op die gholfbaan. Nie eers die onweer kon hulle geesdrif demp nie.

Jou gunsteling Steval Pumasspelers het onlangs bewys dat hulle nie net goed is op die rugbyveld nie, maar duidelik ook op die gholfbaan. Nie eers die onweer kon hulle geesdrif demp nie.

Dié gholfdag, wat jaarliks gehou word om fondse vir Huis Betlehem in te samel, was soos altyd, ‘n reuse-sukses. Die dag het bestaan uit twee afsonder-like kompetisies, met ‘n wenner op elke veld (oggend en middag). Die oggendveld is deur Dandré Nieuwmeyer se vierbal, met Alwyn Viljoen, Ryan Theron en Nimrod Smit aan sy sy (alliansie-formaat), gewen en die middag het aan Herman Potgieter en Trevor Middleton (beterbal) behoort.

‘n Totaal van 159 spelers het deelgeneem en soos altyd het die borge by elke bof vir ‘n lafenissie gesorg. As daar van die Pumasspelers uitgesonder moet word wat hulle merk gemaak het, sal dit beslis Justin van Staden, Renaldo Bothma, MJ Mentz (hulpafrigter), Corné Steenkamp, Jaco Bouwer, Hoffmann Maritz en Marnus Schoeman wees, sê die Pumas se skakelbeampte, Hennie Homann.

Van spesiale whiskey-versamelings en etekoepons tot naweekwegbreke vir twee is aan die onderskeie wenners uitgedeel. Slegs die eerste drie plekke het pryse ontvang.

“Daar is aanvanklik beplan om seisoenkaartjies uit te deel in ‘n afsonderlike kompetisie, maar dit het ongelukkig nie gerealiseer nie,” sê Homann. “Maar ons beplan dit wel vir volgende keer.”

Uit dié dag se opbrengs, gaan daar binnekort aan die begunstigde ‘n gedeelte kontant en ‘n gedeelte in geskenke volgens hulle behoeftelys oorhandig word.

Iemand wat beslis gesorg het vir hope vermaak was die nuweling, Simon Westraadt, wat gepoog het om sy nuwe gholfstokke in te wy, en dan natuurlik een van die borge, Barry Ling, wat maar net sy gewone self was.

As daar ‘n prys toegeken moes word vir die mees unieke hou sou Schalk Rheeder van Du Toit Smuts & Matthews Phosa beslis daarmee weggestap het.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button