Local sportSport

Ses plaaslike spelers vir Majola-week gekies

Die o/19-krieketspan van Mpumalanga wat in die Coca-Cola Khaya Majola-week van 17 tot 21 Desember in Pretoria in aksie gaan wees, bevat ses plaaslike spelers.

Dean Carlisle (Uplands), Irfaan Hoosen (Hoërskool Rob Ferreira), Ozayr Karodia (Uplands), Onalerona Manyisa (Lowveld High), Matthew Nepgen (Uplands) en Siyabonga Mahima (Lowveld High) sal probeer om op die vertoning van hul voorgangers te verbeter. Die span wat verlede jaar aan die toernooi in Durban deelgeneem het, het eers op die laaste dag sy eerste nederlaag teen die Oostelikes gely.

Matthew, Siyabonha en Dean het ook verlede jaar vir die Laevelders gespeel. Die span kom in sy eerste twee wedstryde teen Limpopo en die einste span, die Oostelikes, te staan. Dié wedstryde word in die tydkrieket-formaat beslis en daarna speel spanne elk in twee Twintig-20-wedstryde. Dit sal teen die Westelike Provinsie en KwaZulu-Natal wees.

Dean het die keurders se oog met sy goeie werk as paaltjiewagter reeds by verlede jaar se toernooi, gevang.

Hiérdie week is ‘n goeie voorbeeld van Suid-Afrika se opkomende krieketsterre en van die spelers kan tot die Suid-Afrikaanse Skolespan of die Colts verkies word.

Onalerona vertel dat hy baie opgewonde is om deel van die span te wees. “Ek wou van ‘n jong ouderdom al deel van die week gewees het. Hierdie is ook die laaste geleentheid om myself as ‘n opkomende krieketspeler te wys. Ek glo ek is goed genoeg om vir die SA-span gekies te word.”

Mpumalanga o/19-span: Dean Carlisle (Uplands College), Marko de Kock (HTS Middelburg), Daniel Griesel (HTS Middelburg), Irfaan Hoosen (Rob Ferreira), Ozayr Karodia (Uplands College), Siyabonga Mahima (Lowveld High), Ona Manyisa (Lowveld High), Sinegugu Maseko (HTS Witbank), Ashley Methula (Hoogenhout), Matthew Nepgen (Uplands College), Thabang Sqoko (eMbalenhle), Gerhard van Aswegen (HTS Middelburg), Benjamin van Niekerk (HTS Middelburg).

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button