Local sportSport
Jongspan beeld die wonder van Kersfees op spesiale manier uit
Die Marian Sang Studio en Riana Musiek het 'n musiekblyspel "Super Kersfees" aangebied op 22 November.
Die Marian Sang Studio en Riana Musiek het ‘n musiekblyspel “Super Kersfees” aangebied op 22 November.
Die kinders het die boodskap van Kersfees op ‘n interessante en moderne wyse uitgebeeld, naamlik dat Christus die ware held van ons lewens moet wees. Verskeie musiekstyle is ook uitgebeeld.
Hierdie is ‘n voorsmakie van wat die volwaardige musieksentrum wat volgende jaar begin, gaan aanbied. Daar word gepoog om talentvolle kinders te akkomodeer en in die ontwikkeling van hul gawes te ondersteun. Fondse wat Saterdagaand ingesamel is, gaan vir die nuwe musieksentrum aangewend word. Marian du Plessis wil graag almal vir hul ondersteuning bedank.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!
