Local sportSport
Jongman van Mpumalanga daag groot kanonne uit
Die Laeveld se Thriston Lawrence bly suiwer goud.

Lawrence het Woensdag sy 18de verjaardag gevier en sal die jongste speler wees wat volgende week by die Alfred Dunhill-gholftoernooi afslaan.
Hy sal ook die enigste speler van Mpumalanga wees wat op Leopard Creek se baan om die gesogte trofee meeding. ‘n Voormalige inwoner van Ermelo, Vaughn Groenewald, was verlede jaar op die veld, maar het sedertien na die Wes-Kaap verhuis.
Die voormalige kampioen, Charl Schwartzel, Richard Sterne, Pablo Martin (Spanje), Louis Oosthuizen, George Coetzee, Branden Grace, Thomas Aiken, Hennie Otto, Danny Willett (Engeland) en Francesco Molinari (Italië) sal almal daardie naweek in aksie wees.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!
