Local sportSport

Puik gimnaste van die jaar bekroon

Dié gimnassie het die beste prestasie by die Suid-Afrikaanse kampioenskappe verower en is as die beste gimnas op die spronge en balk by dié gesogte byeenkoms aangewys.

Sy is hierdie jaar die SA-kampioen vir vlak ses. Dit is niemand anders nie as die 11-jarige Amani Omar wat as die Nelspruit Gimnastiek Akademie se gimnas van die jaar gekroon is.

Marnevic Muller wat ook geen bekendstelling in die gimnastiekkringe nodig het nie, is as die beste seunsgimnas aangewys. Hy het by die onlangse Noord-zone-kampioenskappe vir vlak drie eerste gekom en is ook as die beste spronge-gimnas sowel as die atleet wat die beste tydens die provinsiale kampioenskappe presteer het, aangewys.

Die klub wemel van nóg sterre:

• Volharding: Anja Zonneveld

• Beste gimnas op die vloer: Larusha Scheepers

• Beste prestasie by die Mpumalanga-proewe (die hoogste gemiddeld en victrix lodorum by Mpumalanga): Larise Combrink

• Sportvrou van die jaar: Kayleigh Gibb

• Beste hoërskoolgimnas: die prys word deur Ashley Kellar en Diyana Omar gedeel

• Beste prestasie, Noord-zone vlak 1-3: Lize van Biljon

• Vlak 1-3: hardwerkendste gimnas: die prys word ook gedeel deur Martenique Milner en Febe Gartner

• Vlak 1-3: beste prestasie Mpumalanga: Marletitia de Beer (ook victrix lodorum)

• Beste vordering: vlak 1-3: Lungi Nkosi en Chanel Blom

• Fiksste gimnas: vlak 1-3: Zuziwe Mayenyane. Trofeewenners – seuns

• Fiksste gimnas, beste gimnas op ringe en beuelperd: Naldo de Wet

• Beste vloergimnas: Ruben Roos

• Beste gimnas op die brug asook hardwerkendste gimnas: Hanu Venter

• Beste gimnas op die rekstok: Leon van Zyl

• Netjiesste gimnas: Ruan de Beer

• Volharding: Benjamin Swanepoel.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button