Local sportSport

Manne word vereer vir spogrugby in 2014

Dit was onmoontlik om net een speler van Nelspruit Rugbyklub vir sy uitstekende spel vanjaar op die veld, uit te sonder.

Drie manne het vertoonvenster-rugby gespeel en daarom moet Jacques Viljoen, Francois Kock en Tiaan Greef se name genoem word.

Viljoen het as 21-jarige die prestasie vir die mees belowende speler van die jaar opgeraap. Hy is ook as die Pumas Laeveld Amateurspeler van die jaar aangewys en het die Puma Laeveld Sewesspan verteenwoordig.

Koch het met die trofee vir rugbyspeler van die jaar weggeloop en was ook deel van die Puma Laeveld Amateur- en Sewesspanne.

Die rugbyman van die jaar wat ook die meeste punte deur die seisoen op die telbord aangeteken het, is aan Greef gegee.

Die klub beplan ‘n besonderse 2015 waar hulle dan ook hul 90ste bestaansjaar vier.

Nog prestasies
• Voorspeler 2014 – Gary Visagie
• Beste bywoning – Tjoopi Pretorius
• Mees belowende speler – Jacques Viljoen
• Beste bywoning van oefeninge vir die jaar – Wiaan Pretorius
• Meeste punte – Tiaan Greef
• Meeste drieë van die jaar – Gerhard Heunis
• Kuduspan-voorspeler van die jaar – Albert van Putten
• Eerstespan-agterspeler van die jaar – Nico Potgieter
• Tweedespan-voorspeler van die jaar – Christiaan de Jager
• Eerstespan-voorspeler van die jaar – Gary Visagie

Enige nuwe spelers en rugby-liefhebbers wat op ‘n afrigtings- of bestuursvlak betrokke wil raak, kan die klubvoorsitter, Herklaas du Preez by 083-228-9314 skakel.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button