Local sportSport

Malalane se joggie kaatjie van die baan

Die joggie, Duma Mahlalela, is die room van die Malelane Gholfklub nadat hy Maandag gras in sy teenstanders se oë geslaan het tydens die vierde Laeveld Joggie-uitdagingstoernooi.

Een keer per jaar kom die joggies van onderskeidelik Witrivier, Barberton, Malelane, Hazyview en Nelspruit by die laasgenoemde gholfbaan bymekaar om te sien wie, nie net die oog van ‘n gholfspeler kan wees nie, maar ook met ‘n stok in die hand kan spog.

‘n Groot glastrofee spog nou in die kas by die plaaslike gholfbaan nadat die Nelspruit-span dit vir hul puik tellings ingeoes het. Nie al die bogenoemde klubs se joggies kan aan dié dag deelneem nie – elkeen hou hul eie uitspeelrondes om die bestes te bepaal.

Die geleentheid is die idee van Nick Elliot en sy maatskappy, Ulusha Projects, en hulle is ook die hoofborg van die dag. Die deelnemende joggies het spandrag waarvoor hulle borge verantwoordelik is en Innibos het vir die tweede agtereenvolgende jaar die prys vir die beste geklede span verower. Die Innibos-span kon nie met hul goudgeel hempies en wit vlerkies misgekyk word nie.

Die dankbaarheid in elke joggie se oë was kosbaar. ‘n Klein geskenkie soos ‘n nuwe pet wat hy in die snikhete kan dra en ‘n spanfoto wat hy teen sy muur kan plak, het die wêreld vir hulle beteken.

Ander uitslae

• Naaste aan die pen – Anton Chibi en Vusi Khoza

• Verste dryf – Deon Sanderson en Vusi Khoza

• Die span wat die tweede beste aangetrek was – Standard Bank Wenners

• Tweede – William Manzini • Derde – Anton Chibi • Vierde – Lucky Vilakazi

• Vyfde – Lawrence Mdluli.

Borge wat vanjaar moontlik gemaak het:

• Du Toit Smuts, Hi-Q, Kruger & Partners, Pro Shop, Innibos, Standard Bank, Laeveld Media, Vodacom, Performance Golf, Mpumalanga Commuter, MTN, Stabilis, Mott MacDonald PDNA & Minute Man Press, Nelspruit Gholfklub, Nelspruit Auto, Ulusha Projects, Kishugu, Tyre Mart, Neil Ponting, Heidell Eggs and Deon Jacobs.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button