Plaaslike rugbyhelde deel van Doebai-glorie
Die Blitsbokke is as die Dubai-sewes kampioene gekroon nadat hulle Australië in die eindstryd met 33-7 geklop het.

‘n Voormalige Hoërskool Nelspruit-leerder, Werner Kok het ‘n baie groot aandeel in sy span se skittervertoning gehad. Die sewesrugbyspan het sy eerste Dubai-sewestitel sedert 2008 gelig.
Kok is as die speler van die toernooi aangewys – hy het vier drieë gedruk en hy het in een van die groepwedstryde teen Portugal ‘n driekuns behaal. Die ander drie het hy teen Wallis gedruk.
Cecil Afrika, Kwagga Smit en Kok was as deel van die Doebaai-droomspan gekies.
Die Steval Pumas se vlugvoetige vleuel, Rosko Specman was deel van die Blitsbokke Akademiespan wat óók as kampioene in Dubai gekroon is.
Die volgende toernooi op die Blitse se kalender is die Cell C Nelson Mandela Baai-sewes wat eerskomende naweek in Port Elizabeth gespeel word.
Die Wêreld Rugbysewes-punteleer na twee rondes::
1. Fidji – 39
2. Suid-Afrika – 37
3. Australië – 28
4. Nieu-Seeland – 28.

