Die Skotte dans hulle plek oop na die podium
Die Skotse dansgroep, het die Nelspruit Gimnastiek Akademie se jaarlikse rock n roll-kompetisie net-net gewen.

Alhoewel Friendemies algeheel eerste in die danskompetisie geëindig het, het die Skotte met 8,74 teenoor 8,72 uiteindelik as wenners van die vloer afgestap.
Die deelnemende gimnaste het die volgende vlak se elemente in reekse gedoen en is daarvolgens beoordeel. “Die rock-n-roll bou spangees. Gimnastiek is ‘n sport waar die gimnas alleen op die apparaat klim en hiérdie dag gee aan deelnemers die geleentheid om as groep ook te kan leer hoe om saam te werk en mekaar te ondersteun,” het die afrigter Maré Putter na afloop van die kompetisie gesê.
Uitslae
Dogters
• Beste gimnas vlak twee: Danielle Grobler en Diani Erasmus
• Beste gimnas vlak drie: Yasmin Louw
• Beste gimnas vlak vier: Zuziwe Mayenyane
• Beste gimnas vlak vyf: Shene Coetzee
• Beste gimnas vlak ses: Arilyn Dawson
• Beste gimnas vlak sewe: Amani Omar
Seuns
• Beste gimnas vlak twee: Jaidon Els
• Beste gimnas vlak drie: Lian Enslin
• Beste gimnas vlak vier: Wicus van Biljon
• Beste gimnas vlak sewe: Naldo de Wet.
