Local sportSport

Karatekas slaag hul swaardgradering

Een. Twee. Drie. Vier.

Dit is die aantal Wolves Akademie-studente wat die afgelope naweek aan die Haedong Kumdo tradisionele Koreaanse swaardgradering deelgeneem het waarin hulle verskeie danne suksesvol verower het.

Die tweede halfjaarlikse swartgordelgradering in dié kuns het Vrydag plaasgevind. Miquette Rosslee het haar heel eerste dan verower. Pieter Nel, Carmolieta Vermeulen en Bella Busshau het hul tweede dan in hul sakke.

Marco Belo en Will Vermeulen (eerste dan) en Christopher Wilken (tweede dan) het susksesvol die standaardtoets gedoen en kan volgende jaar vir hulle volgende dangradering gaan.

Die paneel wat die gradering hanteer het was grootmeester Eddie Jacobsen, meester Greg Hart, meester Awie Davis en meester Xander Davis.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button