Local sportSport

Slimkoppe oefen hard vir kampioenskappe

Oor 22 dae sal sommige van Suid-Afrika se topskaakspelers in Kimberley vir die jeugkampioenskappe bymekaarkom waarvan 69 slimkoppe van die Ehlanzeni-distrik sal meeding.

Die leerders het Saterdag hul laaste oefenkamp by die Tswane Universiteit van Tegnologie se Mbombela-kampus gehad. Elkeen van die sewe spanne (een o/10, twee o/12’s, twee o/14’s, een o/16 en een o/18) het gedurende die vier kampe twee spanbestuurders gehad wat hulle opgelei het. Die nuwe reëls wat in Julie in werking getree het, is ook met hulle bespreek. Alle oë sal op die o/14-speler, Johannes Visser van Laerskool Nelspruit wees nadat hy as wenner van die De Goede Top-10 Toernooi aangewys is.

Ander wat ook groot aanspraakmakers gaan wees, is Michiel Eksteen van Curro, Luke Sproul van Penryn, Zuan Taljaard en die dogter van Laerskool Lydenburg, Suné du Preez.

Die toernooi vind in Kimberley se konferensiesaal plaas en die o/18’s en o/20’s se wedstryde by die Horse Shoe Inn. Die speler wat die bord die beste kan lees, word op Saterdag 10 Januarie 2015 na 14 rondes gekroon.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button