Local sportSport

Spelers swaai die kolf vir provinsie

Carlisle het in 'n briljante beurt van 76 die boulers van SWD na alle kante van die veld toe geslaan en sterk aanspraak op 'n plek in die SA o/19-span gemaak.

Ses van die Laeveld se voorste krieketspelers het aan die onlangse Coca-Cola Khaya Majola-krieketweek in Pretoria deelgeneem waar hulle Mpumalanga van 17 tot 21 Desember verteenwoordig het.

Twee spelers van Lowveld High, drie van Uplands College en een van Hoërskool Rob Ferreira het die eer gehad om hulle skool se naam hoog te hou en hul stemme met die kolf, bal en op die veld dik te maak.

Dean Carlisle, Ozayr Karodia, Matthew Nepgen (Uplands College), Irfaan Hoosen (Rob Ferreira), Onalerona Manyisa en Siyabonga Mahima (Lowveld High) is in die 13-tal ingesluit wat hulle puik van hul taak gekwyt het.

Matthew Nepgen het met sy boul- en kolfvaardighede bewys dat hy een van die spelers was om dop te hou tydens die hoogs mededingende week. Hy het teen Limpopo in die eerste wedstryd met ‘n boulsyfer van 3/44 gespog en het ook ‘n belangrike 28 aangeteken. Siyaonga Mahima het ook ‘n goed- gestruktureerde 27 geslaan om sy span uit die moeilikheid te help. Die wedstryd het onbeslis geëindig.

Mpumalanga het hul tweede wedstryd teen die Oostelikes maklik met vier paaltjies gewen nadat reën die wedstryd tot 44 beurte per span beperk het. Nepgen het sy span met 31 onoorwonne lopies oor die streep gedra.

Dag vier het vir ‘n naelbytwedstryd teen SWD gesorg toe Mpumalanga hulle met slegs twee paaltjies kon klop. Carlisle het in ‘n briljante beurt van 76 die boulers van SWD na alle kante van die veld toe geslaan en sterk aanspraak op ‘n plek in die SA o/19-span gemaak.

Mpumalanga het ongelukkig die toernooi op ‘n lae noot afgesluit toe hulle die knie teen Vrystaat moes buig. Hulle is vir slegs 88 uitgeboender en het met ‘n allemintige 151 lopies verloor.

Een van die groot sterre van week was die Westelike Provinsie se snelbouler, Dayyaan Galiem.

Hy het teen Boland die finale boulbeurt geboul en drie paaltjies platgetrek sonder om ‘n lopie af te staan. Boland het net twee lopies nodig gehad maar Galiem het verseker dat WP ‘n eenlopie-oorwinning behaal.

Gauteng was weer eens die algehele wenners van dié week nadat hul die Westelike Provinsie Sondag met vier paaltjies geklop het.

Dag 1: Mpumalanga teen Limpopo

Limpopo: Eerste beurt 205/9 (Mathebula 44, Potgieter 33, Louw 53, De Lange 27; Nepgen 3/44, Methula 2/18, Van Niekerk 2/71, Mahima 2/52).

Mpumalanga: Eerste beurt: 168/8 (Nepgen 28, Van Niekerk 79, Mahima 27; Prinsloo 3/27).

Wedstryd gelykop.

Dag 2: Oostelikes teen Mpumalanga

Mpumalanga: 81/3 (Daniel Griesel 37*, Calvin Ntombela 2/16)

Oostelikes: Het nie gekolf nie.

Geen uitslag (uitgereën).

Dag 3: Oostelikes teen Mpumalanga

(44 beurte)

Oostelikes: 138 almal uit (David Zweni 32, Thabang Sqoko 4/23).

Mpumalanga: 139/6 (Benjamin van Niekerk 57, Matthew Nepgen 31*).

Mpumalanga wen met 4 paaltjies.

Dag 4: Suid-Westelike Distrikte teen Mpumalanga

SWD: 187/7 (Drikus Visagie 54, Marko de Kock 3/32).

Mpumalanga: 188/8 (Dean Carlisle 76, Daniel Griesel 48, Gary Wagner 2/9).

Mpumalanga wen met 2 paaltjies.

Dag 5: Vrystaat teen Mpumalanga

Vrystaat: 249/9 (Koot Pienaar 85, Reinhard Bezuidenhout 52, Ona Manyisa 3/44).

Mpumalanga: 88 (Jaco Potgieter 33, Sean Whitehead 4/28, Marno van Greuning 3/6).

Resultate: Vrystaat wen met 161 lopies.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button