Local sportSport

Nellie laat sportrekords oral spat

Om sy doelwitte te bereik, meet Stephan hom aan huidige rekords en maak hy seker dat hy hulle óf ewenaar óf verbeter. Sy droom is om sy Springbokkleure in atletiek te verwerf.

Hy het as toeskouer begin, en vandaar het sy passie vir spiesgooi ontwikkel. Stephan van der Bank is verlede jaar as sportman van die jaar aangewys en rekords spat oral waar hy deelneem.
Stephan het sy laerskoolloopbaan by Laerskool Komatipoort voltooi waarna hy by Hoërskool Nelspruit ingeskryf het. In gr. 6 het hy vir die eerste keer besluit om aan dié sport te probeer deelneem. Sy pa wat ook ‘n kranige spiesgooier vir Hoërskool Nelspruit was, het Stephan se passie en talent raakgesien en hom begin afrig. Stephan was dol daaroor. Sy liefde vir die sport was duidelik toe hy vir Komati Akademie se o/14-span gekies is.
Hy blink ook in ander sportsoorte uit. ‘n Groot prestasie vir hom was toe hy vir die Pumas se o/12- en o/13-rugbyspanne gekies is. Hy is verlede jaar as hoërskoolkampioen vir spiesgooi in sy ouderdomsgroep (o/15) aangewys.
Sy geheim is om binne en buite seisoen altyd op sy oefening te fokus en 100 persent positief te bly. “Dit is belangrik om vir jouself mikpunte te stel wat haalbaar is. My standaard is om bogemiddeld te wees in alles wat ek doen.”
Om sy doelwitte te bereik, meet Stephan hom aan huidige rekords en maak hy seker dat hy hulle óf ewenaar óf verbeter. Sy droom is om sy Springbokkleure in atletiek te verwerf. Hoewel Stephan hoog mik, sê hy dat dit baie belangrik is om terselfdertyd nederig te bly. “Die feit dat ek rekords opstel, maak nie van my ‘n beter mens as die ander nie. Dit kan te eniger tyd van my af weggevat word. Dit is hoekom dit uiters belangrik is om hard te oefen,” sê Stephan.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button