Local sportSport

Klubrugby weer in volle swang

Die Rooikatte het weer met alle erns begin oefen vir die rugbyseisoen wat voorlê.

Kranige Katte het Dinsdagaand by Rooikatpark bymekaargekom en reeds tydens die eerste oefening van die jaar, het die sweet die manne behoorlik afgetap.

Volgens die voorsitter van die Katte, Maurice Bezant, gaan die span weer dié jaar in die Laeveld-liga deelneem. “As die Curriebeker-liga bepaal is, word die amateurliga uitgewerk en sodra dié bepaal is, word ons liga terugwerkend uitgesorteer.”

Hy reken dat die Rooikatte se ligawedstryde teen middel Februarie bekendgemaak behoort te word.

“Ek dink ons gaan goed doen hierdie jaar. Die ouens lyk lus vir die storie.

“Ons het ook vanjaar vir Baksteen Nell betrek. Hy was immers al saam met die Springbokke op toer en het ook al vir die Cats, die Leeus en die Sharks gespeel. Fanie Jones lewer ook sy insette.”

Die Katte oefen elke Dinsdag en Donderdag om 18:30 by Rooikatpark-stadium. Die span vier ook dié jaar hulle 112de bestaansjaar as klub.

Navrae: Maurice Bezant by 083-376-0040.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button