Local sportSport

Skerp jou kennis op by Pumas se Indaba

Die Steval Pumas bied hierdie naweek hul jaarlikse afrigter-indaba aan.

Afrigters, spanbestuurders en keurders van skole en klubs in die provinsie kan die naweek by die Pumas se breier, Jimmy Stonehouse, hulpafrigter, MJ Mentz, kondisioneringsafrigter, Corné Steenkamp en die spanbestuurder, Marius van Rensburg meer rugbykennis kom opdoen.

Vrydag: Keurders- en spanbestuurderskursus
Aanbieders: Nollie de Beer (keurder), Koos de Jager (skolespanbestuurder) en Van
Rensburg
Tyd: 17:00 tot 19:00
Plek: Laerskool Nelspruit se lapa.

Saterdag: Indaba by Laerskool Nelspruit
Aanbieders: Stonehouse, Mentz en Steenkamp in samewerking met die 2015 Steval Pumas-groep
Tyd: 08:00 (registrasie)
09:00 tot 13:00 – Indaba
13:00 tot 13:45 – Middagete
13:45 tot 14:30 – Reëlbespreking
14:30 tot 16:30 – Indaba.
Plek: Sportsentrum – A- en B-veld.

Die Laerskole ontmoet om 10:00 op die B-veld waar Jaco Snyman met die groep gaan werk.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button