Local sportSport

Die Laeveld se rugbyheld aangewys as kaptein

Duane Vermeulen, oud-leerder van Hoërskool Nelspruit is as die DHL Stormers se kaptein vir 2015 aangewys.

Die 28-jarige Springbokreus het reeds 78 keer die Streeptruie verteenwoordig. Hy het ook reeds 29 keer vir die groen-en-goud gespeel sedert hy in 2009 in ‘n wedstryd teen Australië in Perth sy debuut gemaak het.

Jaun de Jongh wat die DHL Westelike Provinsie se Absa Curriebekerspan in die eindstryd as kaptein verteenwoordig het, sal Vermeulen se regterhand wees.

Die Kapenaars speel hul eerste van drie opwarmingswedstryde teen die SWD Arende die 24ste Januarie en daarna teen die Cheetahs in Bloemfontein. Hulle laaste wedstryd sal teen die Boland Kavaliers wees.

Vermeulen-hulle skop die 2015 Super Rugby-seisoen teen die Blou Bulle op 14 Februarie af.

 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button