Local sportSport

Hope aksie wag dié jaar by arena

Die plaaslike Action Sports Arena speel gasheer vir die eerste Noordelike-distrikstoernooi vir krieket wat aan die einde van Februarie plaasvind.

Limpopo, Lephalale, Noordwes, die Vaal en suid-Gauteng gaan van 27 Februarie tot 1 Maart aan ‘n round-robinformaat deelneem. Die spelers wat tydens die week beïndruk, word dan vir die All Stars-span gekies wat later vanjaar aan die interprovinsiale toernooi sal deelneem.

Dit is een van vele opwindende aktiwiteite waarna sportliefhebbers kan uitsien.

Die nuwe liga vir die vier verskillende sportsoorte wat by die arena aangebied word naamlik sokker, hokkie, netbal en krieket skop reeds vroeg in Februarie af. Maandae, Dinsdae en Donderdae is krieketaande en Maandae en Woensdae kom die netbalspelers bymekaar. Die juniors kan Vrydae by die gerekende binnenshuisafrigter, Eric Grimaldi vanaf 17:00 oefen.

Die Junior Wêreldbeker vind in 2016 in Brisbane, Australië plaas en ‘n hele paar plaaslike spelers sal daar in aksie wees. Die eerste oefenkamp het Desember in Centurion plaasgevind.

Belangstellende lede kan by die arena registrasievorms afhaal en spanne moet teen 30 Januarie inskryf. Sedert die arena einde verlede jaar onder nuwe bestuur is, het ‘n hele paar spanne weer besluit om aan te sluit.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button