Local sportSport

Spelers kry die geleentheid om by die heel bestes te leer

Drie hokkiespelers van Laerskool Lydenburg het die afgelope naweek 'n kliniek in Witbank bygewoon.

Tydens die kamp het die tweeling, Anje en Amone van der Merwe, saam met Mardenique Hansen intensiewe opleiding by verskeie afrigters ontvang.

Die kliniek is deur Sportways op The Hockey Farm aangebied.

Sportways is die oudste en mees suksesvolle organiseerder van hokkie-klinieke in die wêreld.

Die organisasie is wêreldwyd bekend en het verlede jaar sy debuutkliniek in Suid-Afrika gehou. Dit sluit topspelers en professionele afrigters, met baie ondervinding om jong spelers touwys te maak, in.

Volgens Mardenique se ma, Marnel Vorster, leer spelers ongelooflik baie by die kampe. “Hulle kry die geleentheid om op Astro-bane te speel.

Dit is soortgelyk aan tartan-atletiekbane. Spelers van veral plattelandse dorpe sukkel gewoonlik om die spel daarop te speel. Dit gebeur teen ‘n vinniger pas as op grasbane en die bal se bons is ook anders.”

Dit is die tweede jaar dat Mardenique die kliniek bywoon en die tweeling se eerste keer. “Jy moet maar moeite doen met jou kind se sport.

Die semifinale en finale word op dié soort bane gespeel en by die kamp leer hulle gou hoe om by die vinniger pas aan te pas.”

Mardenique was verlede jaar onder Laerskool Lydenburg se beste – junior hokkiespelers.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button