Local sportSport

Interhuis getuig van groot dinge wat kom

Na afloop van Laerskool Witrivier se interhuisatletiek Vrydagoggend, kan toeskouers uitsien na 'n seisoen van skouspelagtige atletiek.

Daar was twee spanne naamlik die Koedoes (blou) en die Njalas (rooi) en altesaam 400 atlete wat dié dag meegeding het. “Groot gees het op die pawiljoene geheers en die twee spanne het mekaar met groot geesdrif uitgedaag. “Dit was ook lekker om te sien hoe die o/13’s hul laaste interskole met baie entoesiasme aangepak het,” vertel die kommunikasiebestuurder van die skool, Aldorette Swart.

‘n Hele paar rekords is verbeter en die skool sien uit na die volgende paar weke se harde werk ter voorbereiding vir die interlaer wat op Vrydag 20 Februarie plaasvind.

‘n Paar uitslae

O/12 seuns 150 meter-hekkies

• Eerste: Tabiso Mateba – 25,77 sekondes

• Tweede: Christiaan Gates – 26,91 sek

• Derde: Conner Barnes – 27,41 sek

O/13 dogters

75 meter-hekkies

• Eerste: Tori Robinson – 15,37 sek

• Tweede: Nicole Nel – 15,97 sek.

Kyk hoe lekker sing die toeskouers saam.

 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button