Malelane se atlete swoeg en sweet
Die afgelope Vrydag het Laerskool Malelane hul interhuisatletiek tussen die spanne van die Bergies en Vissies gehou.

Atlete het die geleentheid aangegryp om hul talent ten toon te stel, in die hoop dat hulle vir die skool se atletiekspan gekies sou word.
Leerlinge soos Hope Madonsela en Thapelo Nkuna het uitgestaan en so die victrix en victor ludorum-toekenings verdien.
Ander atlete is ook vir hul uistekende prestasies beloon. Die skoolhoof, mnr. Gerber Jansen van Rensburg het medaljes oorhandig wat deur Malelane SUPERSPAR geborg is.
Die geesbeer is aan die Bergies vir hul harde stemme en spanwerk toegeken.
Die dag is met ‘n vriendelike aflos tussen ouers, onderwysers en leerders afgesluit. Die onderwysers het hul merk gemaak en verseker dat hulle eerste oor die wenstreep trap.
