Spiertiere druk hul pad oop na glorie
Twee plaaslike spiertiere, Riaan Webb en Frans Keyser het aan 'n hewige armdrukstryd, die Suid-Afrikaanse Nasionale Kampioenskappe wat die afgelope vakansie in Witbank plaasgevind het, deelgeneem.

Met dié twee se boarmspiere was dit duidelik dat hulle die taak met mening wou aanpak.
Webb het met sy regterarm die goue medalje in die mans 110-kilogram kategorie gewen, en is ook as die SA kampioen aangewys. Keyser, wat met albei arms aan die meesterskategorie deelgeneem het, het twee bronsmedaljes ingeoes en is as die armdrukker van die jaar gekroon.
Altesaam 11 atlete van die Lowveld Arm Victors het na Witbank getoer, waar hulle 15 medaljes verower het.
Die wat goue of silwermedaljes ingepalm het, kwalifiseer vir die Wêreld Armdruk Federasie se Wêreldkampioenskappe later vanjaar. Die Lowveld Arm Victors neem Saterdag 14 Maart aan die Lynx Armdruk Savannah Kampioenskappe in Polokwane deel.
Die groep wil net graag hul borge vir hul lojale ondersteuning in 2014 bedank. Dié wat hul spiere net so goed of selfs beter kan vertoon, kan Dirk Toerien by 082-440-3089 skakel.
