Local sportSport

Hierdie man se vuur word nie sommer geblus nie

"Ek sál bo uitkom." Met dié woorde het die voormalige afrigter van die Steval Pumas, Jimmy Stonehouse die Laeveld gegroet.

Stonehouse wat eersdaags in Fuchu, Japan gaan afrig, het Woensdag die geleentheid gehad om tydens sy afskeidsontbyt die mense wat bankvas agter die Pumas gestaan het, te bedank. “Dankie vir die geleentheid wat ek gegun is om hier te kan afrig, maar dit is vir my baie hartseer om te groet.” Hy het dit na aanleiding van sy besluit gesê omdat hy voel hy het nie die geleentheid gehad om by ‘n groter unie in Suid-Afrika Superrugby af te rig nie.

Die 50-jarige het agt jaar gelede die leisels as hoofbreier by ‘n voormalige Springbok, Chester Williams oorgeneem. Die president van die Mpumalanga Rugby-unie, Hein Mentz sê dat Stonehouse presies was wat hy destyds in gedagte gehad het. “Ek het geweet hierdie dag gaan kom en ook dat ek nie Jim se vuur kan blus nie. Hy gaan nie agt jaar in Japan bly nie, want daar is net nie só verhouding soos hier by ons nie. Dankie vir dit wat jy nalaat en sterkte. Ons gaan nie nou die bal laat val nie.”

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button