Local sportSport

Besoekers laat Barberton-spelers les opsê

Die eerste vriendskaplike rugbywedstryde van die jaar het Saterdag op Coronation Park plaasgevind. Daar het 'n goeie gees tussen die toeskouers geheers en selfs 'n paar van die borge van Barberton Rugbyklub was teenwoordig.

Komatipoort en Middelburg se derde spanne was eerste aan die beurt en dit was dan ook die enigste wedstryd wat Middelburg verloor het.

Komatipoort het met ‘n telling van 11-5 as oorwinnaars uit die stryd getree en geen ernstige beserings is opgedoen nie.

Alhoewel die eerste en tweede spanne van Barberton goed gespeel het, kon hulle net nie die knoop deurhaak nie. Die tweedespanspeler, Jurgens van Staden het vir ‘n drie gesorg en Ettienne Jansen van Vuuren het dit verdoel.

Die eindtelling was 21-7. Barberton eerstespanspeler, Friday Mavuso, het tydens ‘n duikslag ‘n ernstige beenbreuk in sy linkerbeen tydens die tweede helfte van die wedstryd teen Middelburg opgedoen. Mavuso is deur sy medespelers op ‘n draagbaar van die veld gedra waarna hy per ambulans na Barberton Provinsiale Hospitaal geneem is.

Tydens hierdie wedstryd het die besoekers die Barbertonners ook ore aangesit toe hulle met 24-12 gewen het.

Punte vir Barberton was deur Phulane Sowane en Hans Meyer aangeteken wat elkeen ‘n drie gedruk het.

Banie van Aswegen het met een verdoelskop geslaag.

“Barberton Rugbyklub bedank al die ondersteuners en borge,” het Johan van Wyk, voorsitter van die klub gesê.

Volgens Van Wyk het die spanne, ten spyte van die neerslae, positiewe rugby gespeel en die gees van die sport uitgebeeld.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button