Dames van kampioenspan skrik nie vir Curves nie
Na 'n rillerstryd is die span van Great Dames as die 2014/2015-somerliga se aksie-netbalkampioene aangewys nadat hulle Dangerous Curves met net een doel gewen het.

Dié twee spanne het tydens die laaste 33 sekondes op die horlosie nog op 13 elk gestaan.
Op die middelste baan was dit ook ‘n naelbytstryd. Die Ringers het net-net met 22-20 teenoor die Cherry Bombs geseëvier en het derde in die B-liga geëindig.
Crazy Panthers het goud in die C-liga verower nadat hulle die Swartkatte met 34-28 verslaan het. In die gemengde spanne, het Spitfires 16-9 teenooor die Crazies koning gekraai.
Die wenspan is:
Cat Nienaber, Elaine van Zyl, Sanet Bergmann, Maritha van Niekerk, Joanie du Plessis, Liesl Coetzee en Margo du Toit.
Uitslae:
Gemengde spanne
• Goud: Spitfires
• Silwer: Crazies
• Brons: Ginja’s en Ninja’s
Dames B
• Goud – Great Dames
• Silwer – Dangerous Curves
• Brons – Ringers
Dames C
• Goud – Crazy Panthers
• Silwer – Swartkatte
• Brons – Jalapeno hotties
Dames D
• Goud – FFA Training
• Silwer – u/15 ITP
• Brons – Butterflies.
Vanjaar se liga skop reeds die week af.
Aksie foto’s: Queens of the court crowned
